Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 40:30

Rus vir die rustelose
3 Dae
Hierdie oordenking sal soekendes help om Christus te vind en gelowiges aanmoedig om in Christus rus te vind van hul daaglikse beproewinge.

Saam. Stil. Sterk.
3 Dae
Kom SAAM op reis met die verhaal van Elia en Elisa. Raak met jou eie verhaal STIL by die Here. En staan STERK in jou lewensstryd.

Hou Op Om Bekommerd Te Wees
4 Dae
As jy lewend is, sukkel jy waarskynlik met bekommernis. Sommige mense is baie bekommerd, terwyl ander net soms toelaat dat kommer hul gedagtes in beslag neem. Dit maak nie saak hoe gereeld of hoe ongereeld dit is nie, dit is vir ons wys om te leer hoe om hierdie monster te hanteer wat ons toelaat om ons vrede te steel en ons geloof te kaap. Hierdie 4-dag leesplan help jou om dit te doen.

Wanneer Teleurstelling Toeslaan
4 dae
Moes jy onlangs teleurstelling hanteer het? Niemand is daarvan kwytgeskeld om dit te ervaar nie. Ongeag wie ons is, ons sal almal tye beleef wanneer ons nie gekry het wat ons wou gehad het nie. Wat moet ons dan met ons teleurstellings doen? Is dit verkeerd van ons om so te voel? In hierdie vierdagleesplan sal ons kyk hoe ons teleurstellings omskryf, aanvaar, verwerk en ten goede aanwend.

Oorwinnaar: Vind Krag in Moeilike Tydperke
4 dae
Om moeilike tydperke te oorkom, kan onmoontlik voel terwyl jy daardeur gaan. Gelukkig is God in staat om meer te doen as wat ons kan vra of ons kan voorstel. Ontdek in hierdie 4-dag leesplan, hoe God jou van pyn en teleurstelling kan verlos en nuwe betekenis daaraan gee.

Hoekom wag?
4 Dae
Ek hou nie daarvan om te wag nie. Dit is waarskynlik hoekom God my weer en weer leer om getrou, hoopvol en met verwagting op Hom te wag. As jy vir iets op die Here wag, moenie hierdie reis misloop hoe ons gedurende wagtydperke kan moed skep (eerder as om ons verstand te verloor) nie!

Rus in Hom
5 dae
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Hoop is 'n Persoon
5 Dae
Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid van die lewe. Hoop is egter nie net 'n kortstondige wens nie, Hoop is 'n Persoon!

Hoop vir Gewonde Harte: Gedeeltes uit Jesaja
5 Dae
Die boek Jesaja bevat ryk beelde, profesieë oor die komende Messias en herinneringe aan God se getrouheid aan sy volk. Die profeet Jesaja vertel van God se getrouheid aan die Israeliete en praat van sy hoop op 'n toekomstige verlossing deur Jesus. In hierdie leesplan sal jy meer leer oor God se geregtigheid en deernis en hoe hy teenwoordig is by en naby is aan mense wat swaarkry.

Lewe Veranderd: Vertrou Op God
5 Dae
Selfs wanneer ons weet dat God getrou is, kan dit vir ons moeilik wees om met oop hande te lewe en ten volle op Hom met ons lewens te vertrou. Ons wil verstaan waarom dinge gebeur en ons wil beheer daaroor hê. Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om in meer besonderhede te verstaan wie God is, wat Hy gedoen het, en wat Hy vir jou wil hê sodat jy meer op Hom kan begin vertrou.

Jou Werk Is Nog Nie Afgehandel Nie
5 Dae
Is jy in staat om end-uit te volhard? Om jou doel te bly nastreef, al neem dit lank? Halfpad deur enigiets wat ons aanpak — loopbaan, verhoudings, bediening, gesondheid — gebeur dit dikwels dat ons ons veerkragtigheid en deursettingsvermoë verloor omdat daardie oomblikke in die middel (tussen die begin en die einde) dikwels wanordelik en moeilik is. In hierdie 5-dag leesplan wys Christine Caine ons daarop dat ons die hele wedloop kan voltooi — nie omdat óns die krag het nie, maar omdat God dit het.

Hoog tyd
5 Dae
Tyd het ‘n waarde wat gekoppel is aan die ewigheid waarvan ons nie 'n begrip het nie. Die horlosie-arms wat ons lewens aanwys, kan sagte drukkies uitdeel asook harde realiteite uitwys. Hoe verstaan ons die goeie en die slegte tye vanuit ‘n menslike perspektief? Wat het veroorsaak dat selfs koning Salomo in die boek Prediker, só diep gedelf het in ‘n soeke na betekenis? In die wye spektrum wat die horlosie-arms aanwys kan ons ook introspeksie doen en in die gees hoër vlieg!

My Groot Vet Mond
6 Dae
Woorde het baie krag. Hulle kan ons vernietig en opbou. Hulle kan ons wond en genees. Die regte woorde op die regte tyd kan presies wees wat ons nodig het om te hoor — of wat ons nodig het om te sê. Lees hoe vier mense, net soos jy, die regte woorde kry in hierdie nuwe leesplan van Life.Church wat gepaardgaan met Pastoor Craig Groeschel se reeks: "My Big Fat Mouth".

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters
6 Dae
Daar kom vir almal van ons tye wat soos geestelike winters voel. Hierdie leesplan sal jou help om sin te maak van jou geestelike winters en te verstaan dat geestelike winters absoluut noodsaaklik is vir geestelike groei en vrugdra.

Mams het Vernuwing Nodig
7 Dae
Hou vas mams — daar is vreugde te vind onder al daardie vuil skottelgoed! Hierdie leesplan is 'n moederskap oorlewings-gids deur die gewilde webjoernaal skrywer, Lisa Pennington, uit haar nuwe boek "Mama Needs a Do-Over."

Elke Dag Bonatuurlik
7 Dae
Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se gereedskap. Om staat te maak op die Heilige Gees is nie vreemd, vol ekstase of net iets vir sekere dele van die kerk nie. Dit is vir elkeen wat God meer ten volle wil ken.

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
7 Dae
Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag leesplan, gaan ons kyk na van die beloftes wat die Hemelse Vader vir ons gee en die geloof wat ons nodig het om op sy beloftes te staan.

Lewe Veranderd: Toe Jou Geboorteverhaal Nie Volgens Verwagting Verloop Het Nie
7 Dae
Ons almal het ‘n voorstelling van hoe ons dink ons swangerskap en die geboorteproses gaan verloop. Wanneer die realiteit ons voorstelling weerspreek, kan dit intense hartseer veroorsaak. Of die geboorteproses moeilik was, en of jou baba in die neonatale intensiewesorgeenheid opgeneem moes word, jou verhaal is vir God belangrik. Hierdie leesplan, uit die oogpunt van ‘n mamma wat ervaring met neonatale intensiewesorg het, sal jou ondersteun om uiting te gee aan die hartseer vanweë 'n swangerskap en geboorteproses wat jy nie kon ervaar het nie, maar wel vir jou hoop vir die toekoms bied en die seer sal genees.

Daaglikse Bemoediging vir Vroue
7 Dae
As jy op die oomblik moeg en gespanne is, is dit maklik om op moedverloor se vlakte te beland. Nina Smit kom bemoedig jou in hierdie 7-dag-leesplan en sê jy moenie toelaat dat die negatiewe omstandighede van die oomblik jou aandag aflei, jou ontmoedig of jou aan God laat twyfel nie. Jy kan moed skep. God is volkome in staat om vir jou weer nuwe moed te gee!

Lewe met Krag en Moed!
8 dae
Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier te doen op jou pad van geloof.

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
10 Dae
Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.

Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se Hart
10 Dae
Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.

Oomblikke Van Inspirasie
10 dae
Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

Wees Sterk en Standvastig
10 Dae
Wanneer dit voel of die uitdagings van die lewe vir jou te veel raak, draai na die Woord van God toe en skep weer nuwe moed. Hierdie 10 oordenkings uit WEES STERK EN STANDVASTIG sal jou help om nuwe moed en krag te kry vir elke dag se uitdagings by die heel grootste Bron van krag.
