Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

18天中的第2天

Om Satan teë te staan, ontlok sy woede

“... vir die ongelowiges wie se denke deur die god van hierdie bedeling verblind is, sodat die lig van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, nie oor hulle skyn nie” (2 Korinthiërs 4:4 AFR20).

Waarom ervaar Christene soveel teenstand en vyandigheid as hulle niemand seermaak nie? Hoekom kan ander godsdienste nie net Christenskap verdra nie? Die grootste rede is agter die skerms, nie sigbaar vir die natuurlike oog nie. Die Bybel verduidelik dit vir ons.

Die eerste hoofstuk van die Bybel stel God se vyand, Satan, bekend. Hy verlei Adam en Eva om sonde te doen en verkry daardeur invloed oor hulle en hulle nageslag. Satan word selfs “die god van hierdie wêreld” genoem.

Wanneer iemand egter tot geloof in Jesus Christus kom, word die Satan se mag oor hierdie persoon verbreek. Hy of sy word uit die domein van die duisternis verlos en na die koninkryk van Jesus oorgeplaas (Kolossense 1:13 AFR20). Die Satan hou natuurlik glad nie daarvan nie! Hy probeer wat hy ook al kan om mense daarvan te weerhou om die waarheid te sien en tot geloof te kom. Soms doen hy dit vermom as ’n engel van die lig, maar op ander oomblikke “loop hy rond soos ’n brullende leeu en soek iemand om te verslind” (1 Petrus 5:8 AFR20). Veral wanneer ons die evangelie deel en ander mense na Jesus lei, sal Satan ons teëstaan. Sy mag is egter beperk. Hy kan ons nie uit God se hand ruk nie!

读经计划介绍

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

More