Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuk 4 – Moenie borg staan vir ‘n ander se skuld nie.
Dié spreuk kom in verskillende vorms regdeur die boek Spreuke voor (Spreuke 6:1-5; 11:15; 17:18; 20:16). Dit het veral met die borgstaan vir vreemdes te make. Die punt is dat ’n mens versigtig moet wees aan wie jy jou verbind, veral rakende die mag wat ander dan oor jou kan hê. Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens iemand anders iets kwytskeld of as ’n geskenk gee nie. Dit het die pa reeds in sy vierde lewensles vir sy seun geleer, dat hy nie ’n weldaad moet weerhou van iemand wat dit toekom nie (Spreuke 3:27-28).
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More