Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 8:. Slegte mense is onderduims. Goeie mense is oop en eerlik. ’n Skoon lewe en ’n skoon gewete gaan saam. Vers 9: Dit is onuithoubaar sleg in ‘n verhouding met ‘n twisgierige maat. Dit is dan beter om in die gebruiklike kamertjie vir gaste op die hoek van die dak van Joodse huise te bly, al is dit klein en alleen. Dit kan egter altyd nog slegter gaan. Kyk na vers 19! Vers 10: ‘n Slegte mens is kwaadwillig en ongenadig teenoor sy naaste. Sy kwade bedoelings moet egter nie as ’n swakheid verskoon word nie, maar as die meedoënlose passie wat dit diep in sy siel is. Sy binnekant het ’n onblusbare aptyt vir die verkeerde.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More