Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 28: Troue liefde (ḥeseḏ) en waarheid (ʾěměṯ) bevestig die heerskappy van ‘n koning op ’n volhoubare manier. Die eerste reël van die vers verwys na die troue liefde en betroubaarheid van die koning. Die tweede reël van die vers verwys na God se troue liefde vir die koning, die verbond met Dawid wat die basis van koningskap vorm (2 Samuel 7).
Vers 29: Jongmans se trots is hulle krag; oumense se waarde lê in hulle grysheid. Grys hare is hier ’n simbool van hulle waardigheid, wysheid en ervaring. Wedersydse respek bring die beste in ons na vore.
Vers 30: Letterlik vertaal: “Kneuswonde, suiwer boosheid; lyfstraf, die kamers van die binneste." Fisieke straf het dus geestelike waarde, en streng dissipline hou jou weg van die kwaad. Presies dieselfde woorde (ḥabbûrâ – wonde – en makkâ – lyfstraf) word vir die lyding gebruik waaraan God die Dienskneg van die Here onderwerp het (kneuswonde en lyfstraf/geseling - Jesaja 53:4-5). Uit die Nuwe Testament weet ons dat Jesus, die Dienskneg van die Here, gewond en gegesel is vóór sy afgryslike kruisdood (Johannes 19:1). Net, in sy geval is dit paradoksaal óns binnekant wat gesuiwer word.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More