Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 22 beklemtoon dat vergelding vir die kwaad die Here se domein is. Dit berus op die uitspraak in die wet: “My kom die wraak toe en die vergelding." (Deuteronomium 32:35). Paulus baseer sy lering hierop: “Oorwin die kwaad deur die goeie.” (Romeine 12:17-21). As ’n mens die Here vertrou om geregtigheid te laat geskied, kan jy dit waag om goed te doen selfs al doen ander kwaad aan jou. Kan jy wag dat Hy jou help? Vers 23 beklemtoon weereens dat die Here bedrog haat. Hy gril vir onregverdige besigheid (vers 10 deel dieselfde gedagte).
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More