Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 216 YA 365

Vers 20 is gegrond in die vyfde gebod, om jou pa en ma te eer (Eksodus 20:12). Dit is ook die enigste gebod waaraan ’n belofte gekoppel is: “dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.”

Wie dus sy pa of sy ma (ver)vloek – dit sluit in om hulle “lig te skat, te ignoreer, as waardeloos te reken, of met minagting te hanteer – se (lewens)lamp gaan in pikdonker dood. Dit is om soos in ’n swart gat ingesluk te word waaruit geen ontsnapping moontlik is nie.

Onthou ook dat dit Bybelsgesproke gegeld het of jy nou van hulle gehou het of nie. Só word dit ook in die Nuwe Testament geleer (Efesiërs 6:1-9). Trouens, hierdie respek word aan alle gesagsinstansies gegee: “omdat die Here dit wil" (1 Petrus 2:13-18). Spreuke sal nog twee keer soortgelyke uitsprake maak (Spreuke 30:11, 17).

Vers 21 sluit aan by die vorige spreuk in Spreuke 13:11 se waarneming van die inherente onstabiliteit van rykdom en waarskuwing dat ’n besitting wat haastig – dit kan ook oneerlik wees – bymekaar gemaak word, nie kan hou nie (Spreuke 21:5-6; 28:20, 22). Dink aan die seun in die gelykenis van die verlore seun wat sy erfporsie voortydig ingepalm het, en dit tot die laaste sent verkwis het (Lukas 15:12).

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More