Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 16: Sorg dat jy iets van waarde het waarmee jy mense, veral as hulle vreemdelinge is, verantwoordelik kan hou vir hulle verpligtinge. Die bokleed was die normale pand vir ’n lening (Eksodus 22:26–27; Deut 24:10–13). Vers 17: Oneerlike wins kan jou suur bekom. Gesteelde goed smaak miskien lekker, maar dit kan jou klippe laat kou as jy uitgevang word. Vers 18: Oorleg in beplanning bring sukses in oorlog, trouens in enige situasie van konflik (Spreuke 24:5-6; Prediker 9:13-18).
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More