Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 206 YA 365

Die spreuke van hoofstuk 20 is weereens woordprentjies van die wyse lewe teenoor die dwase een. In elkeen word ‘n lewensituasie op ‘n baie bondige, maar ook boeiende manier geskilder, waarin die lewenswysheid van die spreukedigter, Salomo, weergegee word. Die onderwerpe word uit alle lewensfere geneem: die ekonomie, die politiek, die regbank, die geestelike lewe, die gesinslewe, en die sosiale lewe.

Vers 1: Drank laat jou respek verloor – vir ander, en ander vir jou. Drank word hier gepersonifieer. Dit dra die waarheid oor dat drank amper ‘n lewe van sy eie kry. Dit sien ’n mens in die feit drank jou anders laat optree as wat jy eintlik is. Spreekwoordelik: soos ’n leeu of ’n lam.

Andiko

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More