Dit het gebeur dat ná hierdie dinge die vrou van sy meester haar oë na Yosef opgeslaan en gesê het: “Kom lê by my.”
Hy het egter geweier en aan die vrou van sy meester gesê: “Let op, my meester neem geen kennis van wat in die huis is nie en alles wat syne is, het hy in my hand oorgegee.
Daar is niemand in hierdie huis groter as ek nie en hy het van my niks teruggehou nie, behalwe u omdat u sy vrou is; hoe kan ek hierdie groot boosheid doen en sondig teen God?”