YouVersion Logo
Search Icon

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

DAY 12 OF 36

Bybelstudie 7/30

Deel 3/4

Jesus se storie

Die evangelie in 2 Minute

Derde sirkel: Die Goeie Nuus − God se plan om ons te red

Die derde sirkel verduidelik hoe ons weer by God kan uitkom ─ sy oorspronklike plan vir ons lewe. Ons sondes het ons van God geskei, maar Hy het ons lief en wil hê dat ons met Hom versoen moet word. Hy is egter ook heilig en regverdig, wat dit vir Hom onmoontlik maak om ons in sy teenwoordigheid en die hemel toe te laat. Hy het egter 'n plan gemaak as gevolg van sy liefde vir ons. Hy het sy Enigste Seun, Jesus Christus, gestuur om in ons plek te sterf sodat Hy ons nie hoef te straf nie. Jesus het aan die kruis gesterf en die straf vir ons sondes met sy bloed betaal.

Hoe kan hierdie verhouding tussen God en ons herstel word? Ons moet na Jesus toe kom, ons bekeer van ons opstandige en sondige weë, ons sondes bely en Hom vra om ons met sy bloed te reinig. Ons moet weet en glo dat Jesus ons Here en Verlosser is. Ons was veronderstel om vir ons sondes en rebellie te sterf, maar Jesus het die losprys betaal deur in ons plek te sterf.

Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie (Handelinge 4:12).

Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word (Johannes 1:12).

Wanneer ons ons van ons sondes bekeer en glo dat Jesus vir ons gesterf het, Sy offer aanvaar en Hom vra om ons Here en Verlosser te wees, versoen Hy ons met die Vader.

Om vergifnis van sondes te ontvang, is 'n geskenk. Dit is iets wat op ‘n persoonlike vlak gebeur – tussen my en God. Ons hoef nie en kan nie daarvoor werk nie, want Jesus het reeds die prys betaal. Die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here (Romeine 6:23b).

Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen (2 Korintiërs 5:17).

About this Plan

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More