Hoog tydSample

Dag 5: Hoog tyd vir Stilte
Psalm 46:11-12 (NLV): “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde. Die Here, die Almagtige, is by ons. Ons skuilplek is die God van Jakob.”
Hierdie teksverse moet eintlik nie ontleed word nie. Dit is só duidelik wat gesê word. ‘n Rotsvaste stelling, ‘n soliede waarheid, ‘n bevestiging van wie God is. En tog voer ons nie die taak uit wat daar swart op wit geskryf staan nie. Waarom nie? Dra God se woorde nie genoeg gewig nie? Wat meer moet gesê word sodat ons kan besef wié God is?
“God is nie ‘n mens dat Hy sal lieg nie. Hy is nie ‘n mens wat ‘ekskuus’ sal sê nie” (Numeri 23:19 NLV).
Al wat oorbly om te sê is: dit is hoog tyd om God op sy Woord te neem en dít wat neergepen is te glo en te doen!
Gebed: Vader, hoeveel keer lees ek u woorde maar my menslike verstand karring aan die waarheid daarvan. Vergewe my – ek wil vir u woorde ontvanklik wees.
Besluit nou. Wat gaan dit wees?
Scripture
About this Plan

Tyd het ‘n waarde wat gekoppel is aan die ewigheid waarvan ons nie 'n begrip het nie. Die horlosie-arms wat ons lewens aanwys, kan sagte drukkies uitdeel asook harde realiteite uitwys. Hoe verstaan ons die goeie en die slegte tye vanuit ‘n menslike perspektief? Wat het veroorsaak dat selfs koning Salomo in die boek Prediker, só diep gedelf het in ‘n soeke na betekenis? In die wye spektrum wat die horlosie-arms aanwys kan ons ook introspeksie doen en in die gees hoër vlieg!
More
Related Plans

"Jesus Over Everything," a 5-Day Devotional With Peter Burton

5 Days of 5-Minute Devotions for Teachers

One Chapter a Day: Matthew

Fall and Redemption

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

FruitFULL : Living Out the Fruit of the Spirit - From Theory to Practice

Retirement: The 3 Decisions Most People Miss for Lasting Success

Blindsided

Horizon Church August + September Bible Reading Plan - the Gospel in Motion: Luke & Acts
