'n Paasfees vol liefdeSample

Ons is nie robotte nie
Ons is nie robotte wat in menslike lywe vasgevang is nie. Daar is nie hemelse mikroskyfies iewers in ons liggame ingeplant wat ons elkeen se lewe tot in die fynste sondige detail vooruit geprogrammeer het nie. Ons kan self besluit waar ons wil bly, watter werk ons wil doen, wie ons as vriende kies, en dies meer. God het van die begin af aan ons die vryheid gegee om te kan kies. Dit onderskei ons as mense van die begin af van die res van sy skepping. Ons kan kies tussen reg en verkeerd, tussen goed en sleg. Die Here hou ons wel aanspreeklik vir ons lewe én vir ons keuses.
In Genesis 2:16-17 beveel God die eerste mensepaar om nie van die boom van kennis te eet nie. Dit sou baie slegte gevolge vir hulle inhou. So maak God dit van die begin af duidelik dat mense keuses het – morele keuses tussen reg en verkeerd. Mense is nie slagoffers wat by voorbaat geprogrammeer is tot enige en alle keuses nie. Soos ons weet, het die eerste mensepaar verkeerd gekies.
Gelukkig is God genadig. Daarom gryp Hy van die begin af in mense se lewens in. Sonder dat ons dit verdien, soek Hy ons op om ons met sy liefde en goedheid te oorrompel. Dit is presies waaroor die kruis van Jesus handel. Dit vertel in een woord alles oor sy liefde vir ons ten spyte van ons sondige keuses.
Scripture
About this Plan

God is genadig. Daarom gryp Hy van die begin af in mense se lewens in. Sonder dat ons dit verdien, soek Hy ons op om ons te oorrompel met sy liefde en goedheid. Dit is presies waaroor die kruis van Jesus handel. Dit vertel in een woord alles oor sy liefde vir ons ten spyte van ons sondige keuses.
More
Related Plans

Stormproof

Ruth | Chapter Summaries + Study Questions

FruitFULL - Faithfulness, Gentleness, and Self-Control - the Mature Expression of Faith

Faith in Hard Times

Let Us Pray

Homesick for Heaven

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

The Lies We Believe: Beyond Quick Fixes to Real Freedom Part 2
