Hoe om swaarkry en lyding te hanteerSample

Wanneer Christene vir hulle geloof vervolg word, raak dit Jesus self
“Ek is Jesus, wat jy vervolg” (Handelinge 9:5 AFR20).
Voordat die apostel Paulus tot geloof in Jesus gekom het, was hy besig om Christene te vervolg. Eendag toe hy op pad was om gelowiges te arresteer, het daar skielik 'n baie helder lig uit die hemel om hom geskyn en het hy 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul! Waarom vervolg jy my?” Toe Paulus vra wie hierdie persoon is, was die antwoord: “Ek is Jesus, wat jy vervolg”. Natuurlik het Paulus Jesus nie letterlik gevange geneem of doodgemaak nie. Hy het dit aan Christene gedoen, nie aan Christus nie! Vir Jesus is dit basies dieselfde. Hy is soos 'n pa wat diep geraak word wanneer sy kinders aangeval word. Wanneer gelowiges vervolg word, sê Jesus Hy word self vervolg.
In Matteus 25 sê Jesus dat enige goeie dinge wat ons vir sy mense doen, ons ook vir Hom doen. Enigiets wat ons weier om vir enige van sy mense te doen, weier ons om vir Hom te doen – soos om die hongeres iets te gee om te eet en die siekes en gevangenes te besoek.
As jy sleg behandel word, wees verseker dat dit Jesus baie pla. Hy sien waardeur jy gaan, en Hy gee om!
Scripture
About this Plan

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
More
Related Plans

BEMA Liturgy I — Part D

The Otherness of God

Uncharted - Navigating the Unknown With a Trusted God

The Way to True Happiness

Receive

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

Loving Well in Community

Self-Care

Dare to Dream
