Kaalvoet SielsgedagtesSample

Vind vrede omdat Hý daar is
Soms ruk die storms van die lewe ons lewensbote so erg dat ons weerloos en bang staan voor die oormag van dinge buite ons beheer. Hoe harder jy probeer om die water uit jou boot te skep, hoe groter word die golwe wat dreig om jou te laat sink. Soos die dissipels wat destyds ook so ’n woeste storm beleef het en eers self probeer het om die water uit die boot te skep, maar dan uit desperaatheid hul Here gaan wakker maak het om te help. Dié Here wat met ’n paar woorde die wind en see kon stilmaak.
Onthou in tye van oorweldig voel:
- Jou Here slaap nie. Hy weet presies waardeur jy gaan en sien hoe jy skarrel, stoei en roei.
- Hy is saam met jou in jou lewensboot en los jou nie een oomblik alleen nie.
- Weet veral: Dat die God wat by jou is ook bo jou troon en vanuit sy almag jou storms kan laat bedaar.
- En as die storms nie kalmeer nie, sal Hy jou help om heel deur die rowwe tyd te kom.
Weet vandag: Daar ís ’n God wat in beheer is. Mag jy daarom midde-in jou warboel-wegwaai-tyd ’n stuk vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan.
O Meester van die heelal, neem asseblief my lewenskuit veilig aan wal.
Scripture
About this Plan

Die tydgety verander nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Maar ons kan onthou: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer ons bang voel. Milanie Vosloo wil jou kom aanmoedig om te onthou dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie.
More
Related Plans

Faith in Hard Times

Homesick for Heaven

The Lies We Believe: Beyond Quick Fixes to Real Freedom Part 2

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

FruitFULL - Faithfulness, Gentleness, and Self-Control - the Mature Expression of Faith

Stormproof

Ruth | Chapter Summaries + Study Questions

Let Us Pray
