AanklagSample

Hoe hanteer ek aanklag en oordeel?
- As die Here my nie aankla nie, wie is ek om myself aan te kla?
- Bewaak my eie hart en wees eerlik met myself oor hoe maklik en geredelik ek oordeel.
- Besef dat God die enigste Ware Regter is en dis nie my of jou plek om te oordeel nie.
- Vra die Here om jou hart te ondersoek volgens Ps. 139:23-24.
- Volg Paulus se voorbeeld in tye wat hy gekritiseer was soos in 1 Kor. 4:3-5.
Hoe waak ek teen oordeel?
Jou identiteit moet nie wees in wie jy is of wat jy doen nie, maar aan WIE jy behoort.
Memoriseer hierdie vrymakende waarhede en leef in God se beloftes vir jou lewe.
I KORINTIËRS 7:23:
“Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.”
ROMEINE 8:15:
“Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!”
GALASIËRS 4:6 (AFR53):
“En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!”
Wandel in Vryheid en laat toe dat die Here se Vrymakende Waarhede deur Sy Woord genesing bring in jou lewe.
Hierdie leesplan is deel van die Vrymakende Waarhede reeks deur Lewende Woord.
About this Plan

Aanklag is om ander en jouself aan te kla en te oordeel, te skinder, te laster, krities te wees, negatiewe opinies oor ander te hê (met of sonder al die feite). In die volgende 3 dae kyk ons na die oorsprong, hoekom mense aankla, wie aankla en hoe om dit te hanteer. Onthou; Jesus het ons almal reeds kom vrymaak!
More