Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in HebreërsSample

Dag 3: Toegang tot Sy Glorieryke Teenwoordigheid
Oordenking:
Die heerlikheid van God was nog altyd gekoppel aan sy teenwoordigheid. In die Ou Testament het simbole soos die vuurkolom, die berg waar Moses die wette ontvang het en die Allerheiligste in die tempel, hierdie heerlikheid weerspieël. Omdat God se teenwoordigheid ontsagwekkend is, was toegang daartoe beperk en slegs die hoëpriester kon een keer per jaar die Allerheiligste binnegaan — in groot vrees en bewing.
Alles het egter verander toe Jesus aan die kruis gesterf het. Matteus 27:51 beskryf die oomblik toe die voorhangsel van die tempel van bo na onder geskeur het. Hierdie voorhangsel, wat byna 10 cm dik en 18 meter hoog was, het die skeiding tussen God en die mens voorgestel. Toe dit skeur, het dit die verwydering van daardie skeiding, deur Jesus se offer, gesimboliseer.
Hebreërs 10:19-22 verduidelik dat ons nou met vrymoedigheid die Allerheiligste kan binnegaan — nie deur rituele of offers nie, maar deur die bloed van Jesus. Hy het ’n "nuwe en lewende weg" geskep waardeur ons tot God kan nader, in volle sekerheid en met skoon gewetens. Geen vrees meer, geen skuld meer. Ons het direkte toegang tot die glorieryke teenwoordigheid van God, nie as gevolg van ons eie waardigheid nie, maar as gevolg van Jesus se waardigheid.
Hierdie toegang verander alles. Ons leef nie meer vir sy teenwoordigheid nie, maar vanuit sy teenwoordigheid. Sy heerlikheid word die fondament van ons lewens, wat vorm hoe ons dink, voel en optree. Sy glorie word ons storie! Die vraag is: Hoe reageer ons op hierdie aangrypende waarheid? Gaan ons elke dag vol vertroue na God, bewus van sy nabyheid, of verwaarloos ons hierdie voorreg?
Volgende Stap:
Sit gerus vandag so 15 minute opsy om doelbewus tyd saam met jou Vader deur te bring. Gebruik hierdie tyd om Hom te dank dat Hy sy teenwoordigheid deur Jesus toeganklik gemaak het. Dink na oor areas in jou lewe waar jy skuld of vrees toelaat om jou terug te hou, en gee dit in gebed aan Hom oor.
Scripture
About this Plan

In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs", verken ons ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef, God se verklarings oor ons identiteit en reinheid, en wat dit beteken om as geloofshelde te leef, bemagtig deur God se heerlikheid om die wêreld vir sy koninkryk te beïnvloed.
More
Related Plans

God's Book: An Honest Look at the Bible's Toughest Topics

Rebuilt Faith

30 Powerful Prayers for Your Child Every Day This School Year

Legacy Lessons W/Vance K. Jackson

Sharing Your Faith in the Workplace

Protocols, Postures and Power of Thanksgiving

Game Changers: Devotions for Families Who Play Different (Age 8-12)

Awakening Faith: Hope From the Global Church

24 Days to Reflect on God's Heart for Redemption
