Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakSample

Kyk na Jesus
Kyk na Jesus. Hy het gely. Hy het nie vergeld nie. Hy het nie met haat, verwerping, minderwaardigheid of bitterheid gereageer nie. Hy het aangehou om lief te hê, goed te doen, te vergewe, genadig te wees en barmhartigheid te betoon. Kom ons volg sy voorbeeld. Dit sal jou vrymaak. Vryheid van pyn kom altyd op dieselfde manier: begrip van die karakter van die Vader, totale vergifnis en om Jesus as ons voorbeeld te volg.
Gehoorsaamheid: Bestudeer die volgende Skrifgedeelte noukeurig: "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!" (Jeremia 29:11). Wat sê God vir jou in hierdie Skrifgedeelte? Strook dit met hoe jy oor God "voel" en wat Hy dink? Is jy bereid om dit wat jy dink te verruil met wat die Woord sê hoe God van jou dink? Neem tyd om dit te doen.
'n Woord oor middel kinders: Middel kinders (byvoorbeeld die tweede broer of suster van drie) moet hulself noukeurig dophou. Hulle ly dikwels aan emosies van verwaarlosing, verwerping en minderwaardigheid en dit is gewoonlik goed om iemand te vind om mee te praat en saam met jou deur hierdie emosies te bid. Wanneer een kind voorkeurbehandeling in 'n gesin ontvang, lei dit gewoonlik tot jaloesie by die ander broers en susters, maar dikwels ook haat, verwerping, minderwaardigheid en skugterheid. Dit is tipiese gedrag wat 'n mens by "middel kinders" aantref.
Scripture
About this Plan

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.
More
Related Plans

Season of Renewal

Art in Scripture: Be Anxious for Nothing

Leading Wholeheartedly

Managing Your Anger

Genesis | Reading Plan + Study Questions

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work

One New Humanity: Mission in Ephesians

Rescue Breaths

FruitFULL : Living Out the Fruit of the Spirit - From Theory to Practice
