YouVersion Logo
Search Icon

Stiltetye met GodSample

Stiltetye met God

DAY 10 OF 14

Vind die Goeie in Alles

Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.(Efesiërs 4:29)

Daar is groot krag daarin om positiewe, geloof-vervulde woorde oor jou dag te spreek. Eerder as om te praat oor die dinge waarvoor jy bang is, praat God se beloftes oor die dag wat kom en ongelooflike dinge kan gebeur.

In plaas daarvan om te sê, ‘’Ai, dit lyk na reën vandag. Hoe neerdrukkend,’’ sê iets soos, ‘’Reën of sonskyn, ek gaan ‘n wonderlike dag hê!’’

In plaas daarvan om te sê, ‘’Ek het so baie werk die week. Ek kan nie wag tot dit verby is nie, ‘’ sê iets soos, ‘’ Dit lyk na ‘n uitdagende week wat voorlê, maar ek kan nie wag om te sien hoe God my gaan gebruik nie!’’

Sien jy die verskil? Wanneer jy die gesprek verander, stop jy die vrees dood in sy spoor. Spreek elke dag selfversekerde en optimistiese woorde en kyk wat God gaan doen!

Vandag se Gedagte

Praat vol geloof oor die beloftes van God, dit maak die deur vir Hom oop om in jou lewe te werk.

Delf dieper in Sy Woord: Bestudeer Nahum 1:7;Spreuke 18:21.