YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Kom Saam, Inspirasie vir jou LewensreisSample

Kom Saam, Inspirasie vir jou Lewensreis

DAY 1 OF 7

DIE ONBEKENDE PAD “Ek laat die blindes loop op ‘n pad wat hulle nie ken nie, Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk. Dit is wat Ek gaan doen, Ek gaan daar nie van afsien nie” (Jesaja 42:16). Daar kom tye wanneer jou lewe verander. Dit is glad nie ‘n lekker plek om te wees nie, want die pad wat voorlê, is onbekend. Miskien staar jy moontlike aflegging of bankrotskap in die gesig of jy tree af. Dalk word jy met ‘n egskeiding, jou kind wat die huis verlaat of die dood van ‘n geliefde gekonfronteer. Jy moet miskien ‘n keuse maak oor ‘n huweliksmaat of jy verhuis na ‘n ander dorp of stad toe of emigreer na ‘n ander land. Jy wil nog so baie doen ... Ja, ek hoor jy sê jy ken die gevoel. Gelukkig vertel Jesaja ons van Jesus Christus wat vir die blindes lig bring op donker plekke. Hy laat hulle loop op paaie wat hulle nie ken nie. Ja, selfs die ongelyk plekke maak Hy gelyk. Is dit nie ook waar van ons nie? Ons beland so dikwels op ‘n plek waar ons in sirkels loop of in slaggate trap asof ons regtig blind is. Ons is bang om nuut en oor te begin. Ek en jy kan hier aan die begin van ons reis vir God vertrou wanneer Hy sê dat Hy “soos ‘n soldaat is wat gaan oorlog maak. Hy skreeu en gee die oorlogskreet. Hy oorrompel sy vyande” (Jesaja 42:13 DB). Hy loop voor en maak die pad vir ons gelyk. Jy hoef nie jou reis alleen aan te pak nie. Jy hoef nie bang te wees nie. Volg die Lig, want Hy ken die pad. Kom, hoor sy oorlogskreet. Kyk, daar is sy lig. Kom saam ... GEBED: Hemelvader, ek is nou so bly dat U vooruit loop. Dankie vir u lig. Amen. There is an audio attachment for this devotional. You can [ download the audio ](https://plan-audio-cdn.youversionapi.com/uploads/supplemental-audio/941d3ed8-6da3-4791-8eb0-f93436f2fffc.mp3) if you wish.
Day 2

About this Plan

Kom Saam, Inspirasie vir jou Lewensreis

Kom sit jou bagasie by Jesus Christus se voete neer en toer sewe dae lank saam met my deur herinneringe van seerkry en vreugde. Mag jy saam met my uitsien na 'n hemelse paradys saam met Jesus.

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy