YouVersion Logo
Search Icon

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaSample

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAY 30 OF 43

Memoriseervers:

"Daar is daardie dag baie offers gebring. Die mense was bly. God het hulle groot blydskap gegee. Ook die vrouens en kinders was bly. Jy kon die blydskap van Jerusalem ver hoor."

Nehemia 12:43

Uitdaging vir die week:

Hierdie week sal ons in die verse wat ons gaan lees sien hoe die volk van God die werk van herbouing vier wat God gedoen het en wat Hy besig was om te doen. Wat doen God nou in jou lewe wat jy kan vier? Of daardie werk klaar is of nie, maak hierdie week tyd om fees te vier en te juig en God se getrouheid te verkondig terwyl Hy in jou lewe en omstandighede werk.

About this Plan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More