Wie Is God?Sample

Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4
Paulus vervolg ook in sy brief aan die Efesiërs om oor die lewenstyl te gesels wat in die huwelik, huisgesin en werksomgewing gehandhaaf moet word — soos hy dit ook in die brief aan Kolosse gedoen het.
Let op hoe Paulus oor die wet praat en dit uitlê in terme van die gesinsverhoudinge (5de gebod). Hy koppel dit aan die belofte van die Here waaraan seën en ‘n lang lewe gekoppel is. Maar die gebod word uitgebrei om dieselfde tipe aanspraak op die ouers te plaas dat hulle “soos die Here dit wil” by hulle kinders betrokke moet wees en hulle versigtig hanteer sodat hulle nie opstandig raak en die dissipline hulle wegdruk nie.
Gesagsgrense word nie deur geloof in Christus opgehef nie, maar sagter gemaak en beperk in terme van die uitkoms daarvan. Kinders moet uiteindelik groot word soos die Here dit wil, en ouers moet alles in hulle vermoë doen om dit reg te kry.
1. Wat tref jou van Paulus se opdrag aan kinders en aan ouers?
2. Wat beteken die belofte wat die Here maak vir jou? Wat vra die opdragte hierin van jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se belofte en opdrag. Doen iets prakties vir jou ouers/kinders in gehoorsaamheid aan hierdie gedeelte.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 5:21-6:9 met die tema: Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Letter to the Philippians

How to Love Your Work and God

Lighting Up Our City Video 2: Avoiding Insider Language

Faith in Action: A Journey Through James

Life@Work - Sharing Your Faith in the Workplace

The Discipline of Study and Meditation

How to Love Like Jesus

How Is It With Your Soul?

My Problem With Prayer
