Wie Is God?Sample

Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96
Die Psalmis verwonder hom in die twaalfde deel van hierdie Psalm oor die blywende waarde van die openbaring van God: “Vir ewig, Here, staan u woord vas in die hemel.” Daar is ‘n permanensie en betroubaarheid aan God se woorde wat nie net in die geskape werklikheid van die hemel en die aarde raakgesien kan word nie (119:89), maar ook in die durende en blywende effek wat sy woord – geskrewe en ongeskrewe – in die geskiedenis het, van geslag tot geslag (119:91).God se skeppingswoord bevestig die blywende waarde van sy openbaringswoord.
God se woorde gaan daarom nooit uit die mode nie, die vreugde daarvan bly van krag selfs in die grootste ellende en swaarkry wat ons kan beleef. Dit hoef nooit opgedateer te word nie. Dit is genoeg vir elke situasie wat mag ontstaan. Daarom kan ‘n mens daarop staatmaak. Dit maak jou nie net lewend nie (119:93), maar dit hou jou in die lewe, anders sou ‘n mens se ellende vir jou te veel geword het. Soos Peterson vertaal: “As u openbaring my nie so verheug het nie, sou ek opgegee het toe die moeilike tye gekom het.”
Daarom is dit só belangrik om jou hele lewe om God se woorde te laat draai. Trouens, die Psalmis sê: “Tot in ewigheid sal ek u opdragte nie vergeet nie.” Hy weet sy eie voortbestaan hang van dié woorde van God af. In die permanensie van God se woorde vind die Psalmis sy eie permanensie!
Want dit is die realiteit van God se openbaring.Soos die laaste reël van vers 96 sê: “u gebod is sonder grense”. Dit bedoel dat die diepte en wydte van God se openbaring nooit volledig ondersoek en begryp kan word nie. Dit is dieselfde as wat van sy liefde gesê word, dat dit onbegrens is. Daar is altyd nóg ‘n kant daarvan wat vir die Psalmis oopgaan en sy vreugde in en verbintenis aan God se woorde verdiep.
1. Psalm 119 besing die wonder van die Woord van God. Onderstreep al die beskrywings daarvan in vers 89-96 en oordink die betekenis daarvan vir jou. Watter vreugdes het die Woord al vir jou gegee?
2. Gebruik dié verse as ‘n dank- en lofgebed in jou eie woorde. Onthou ook dat die Psalmis praat van die uitdaging van bose mense wat ‘n mens se getrouheid aan die Woord kan beproef. Bring jou eie situasie voor die Here en bid vir volhardende vertroue.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die Woord van God.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 119 met die tema: Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die Woord van die Here.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Rich Dad, Poor Son

Heart of Worship

Serve: To Wield Power With Integrity

A Prayer for My Husband: Part 1

Prayers for My Wife

(Re)made in His Image

Daniel: Remembering Who's King in the Chaos

Gems of Motherhood~ Letters to a Mama: 20ish Things I Wish I Knew Before Becoming a Mom

How Christians Grieve Well
