Wie Is God?Sample

Wie is God? – Psalm 86:8-12,15
Midde-in die Psalms van die Koragiete vind ons hierdie juweel van ’n Psalm wat aan Dawid toegeskryf word, die enigste Psalm van Dawid in die derde Psalmboek. Dit word as ’n gebed getipeer, die gebed van iemand wat smeek om God se uitkoms in nood.
Die Psalm gee vir ons ’n navolgenswaardige struktuur vir ons smeekbedes:
·Roep na God in die tyd van jou nood – vers 1-7
·Prys Hom vir sy wese en werke – vers 8-10
·Verbind jou aan Hom – vers 11-13
·Vra van Hom genade en spesifieke uitkomste – vers 14-17
1. Onderstreep die beskrywings van God se werke. Watter troos is daarin vir jou?
2. Hoekom is dit nodig dat God ons sy weë leer? Wat leer die Here jou tans?
3. Lees die verse later vandag om jou aan die omvattendheid van God se werke te herinner. Jy kan dit memoriseer as ‘n gereelde gebed vir jouself en die wêreld.
4. Jy kan later vanaand die hele Psalm lees met die tema: Gee my ’n teken van u goedheid.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Holy Spirit: God Among Us

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

Never Alone

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen
