Wie Is God?Sample

Wat is die mens? — Kolossense 3:9-11
Dit is ongelooflik hoe elke woord wat Paulus in hierdie hoofstuk skryf van betekenis is. ‘n Mens kan uitvoerig uitwei oor hoe Paulus die ou lewe beskrywe wat afgelê moet word (Kolossense 3:5-11 – 2 groepe van 5 sondes elk word genoem) en hoe hy dan beskrywe hoe die nuwe lewe geleef moet word (Kolossense 3:12-17 – 15 deugdes of karaktertrekke word genoem). Eintlik kan ‘n mens ‘n paar maande hieroor nadink, en daar sal elke dag nog dinge wees wat vir jou nuut oopgaan!
1. Paulus gaan voort in Kolossense, die metgesel-brief van Efesiërs, om die nuwe mens te beskryf. Watter nuwe aspekte sien jy hier raak van die beskrywing van die nuwe mens? Watter rol speel God self?
2. Hoe kan jy hierdie opdrag gehoorsaam? Wat vra dit van jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou aan God opdrag te herinner om Christus toe te laat om alles in jou te word.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 3 met die tema: Leef as nuwe mense.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Holy Spirit: God Among Us

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

Never Alone

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen
