Bemoediging vir elke-dag-leweSample

Jesus as steunpilaar
Teks: Jesaja 43:1: “Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne."
Ek het hierdie woorde lank gelede raak gelees en dadelik op ‘n nota geskryf waar ek dit elke dag kon sien. Tydens ‘n traumatiese ervaring, het ek aan hiérdie woorde vasgeklou. Ek het met 'n ander insig na my eie geloof begin kyk. Ek het besef dat ek hulp nodig het en die mentor van alle mentors gevind — Jesus. Hy sê duidelik ek is Syne … ek is geroep!
Jesus ag my die moeite werd en deel genade uit. In sy eie handleiding, die Bybel, leer ek sy hart ken en sy woorde filtreer in my hele wese. Ek leer om in liefde op te tree sodat die vrug daarvan kan groei. Ook dat die genade wat ék aan ander mense gee, sy Naam omhoog hou.
Ek het ook in Matteus 26:39 gelees hoe beangs Jesus net voor sy kruisdood was. Tog het Hy steeds gevra na God se wil. Ek ervaar daagliks sy warm teenwoordigheid as ek beangs voel. Jesus, my mentor en steunpilaar. My siel het vleis aan, danksy Hom. Ek glo in Jesus, want daar is net géén ander soos Hy nie!
Gebed: Jesus, oorlaai my daagliks opnuut met genade wat net U kan gee. Ek hoef nie bang te wees nie. Ek weet wanneer more kom, sal u genade reeds daar wees.
Laat Hom toe om jou deur sy Woord te leer, al is dit net ‘n paar teksverse. Skep ‘n tydgleuf iewers in jou dag en steun gerus op Hom.
Scripture
About this Plan

Hierdie leesplan wil jou deur die dag-tot-dag lewe bemoedig. Verskeie uitdagings word daagliks ervaar en soms voel dit of ‘n gebed nie genoeg is nie. Deur ervarings te deel en rustig die Woord te lees, kan baie dinge in beter perspektief geplaas word. As gelowiges het ons juis die opdrag ontvang om mekaar te bemoedig. God wíl in elke faset van jou lewe betrokke wees!
More
Related Plans

Journey Through Genesis 12-50

The Way of the Wise

Faith-Driven Impact Investor: What the Bible Says

Walk With God: 3 Days of Pilgrimage

YES!!!

Horizon Church August Bible Reading Plan: Prayer & Fasting

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Moses: A Journey of Faith and Freedom

One Chapter a Day: Matthew
