YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die OntmoetingSample

Die Ontmoeting

DAY 2 OF 3

### Die begeerte in ons harte Wanneer God ons roep om te vas, weet ons gewoonlik nie wat Hy vir ons in gedagte het nie, maar ons vertroue in Hom verseker ons dat dit goed moet wees. Al verstaan ons nie altyd sy planne nie, laat ons geloof en aksie oorgaan en volg sy leiding. Vas ontstaan dikwels uit ’n begeerte in ons harte vir iets nuuts – selfs as ons nie seker is wat dit is nie. Ons ervaar dalk ’n leemte wat aangevuur word deur ’n heilige begeerte na groter intimiteit met die Here. Dalk voel dit of ons stagneer of versmoor. Dalk kry ons die gevoel dat daar ’n verandering in ons lewe kom. Daarom draai ons, deur te vas, met gefokusde aandag na die Here toe. Vas kan ’n bonatuurlike verbindingspunt wees waar God ons van een vlak na die volgende neem. Amper asof ’n geheime ingang in reaksie op ons harte se soeke oopgegaan het. Maar, om deur dié nou opening te kom, moet ons buig, ou gedagtepatrone en enigiets wat ons vooruitgang kan belemmer, prysgee. By die ingang moet ons die behoefte om in beheer van ons lewe te wees, oorgee. Soos ons alles oorgee – elke frustrasie, teleurstelling en selfs drome en aspirasies – sal ons ’n vryheid vind wat nie deur menslike logika gedefinieer kan word nie. Soos ons alles oorgee aan God sal ons iets nuuts ontdek. Wanneer ons in Hom is, sal ons alles vind wat ons wil hê. Kom ons betree saam die vastyd, waar ons die vrede van ontmoetings met Jesus, wat die hoogste prys betaal het om by ons te wees, sal ervaar. Soos ons onsself totaal en al oorgee aan die Een wie se heilige liefde verwoed en onkeerbaar, sag en vol deernis is, sal alles omtrent ons verander. Ons wil niks meer hê as om totaal en al deur sy glorie omring te word nie. En hierdie glorie, die tasbare teenwoordigheid, is wat vas genotvol, bevredigend en lewensveranderend maak. Ons is sy geliefdes en sy genadige liefde het ons vrygemaak.

About this Plan

Die Ontmoeting

Vas help ons geestelike lewe om vooruit te gaan en die Skrif moedig hierdie gebruik aan. Dié tyd waarin jy jou liggaam iets fisiek ontsê, bevorder jou geestelike groei en gee jou die geleentheid om Jesus se nabyheid te e...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy