Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met GodSample

“God se wet dui die regte koers aan”
Die Tora het vir die Jode van destyds ’n heeltemal ander betekenis gehad as God se wet vir ons vandag. ’n Wet veronderstel mos gewoonlik reëls wat onderhou moet word; regulasies wat jy nie mag oortree nie. En daarom is ons nie altyd alte gewillig om God se wet nougeset na te kom nie. C.S. Lewis sê dat die wet ons soms baie eerder aan ’n tandarts se boor laat dink as aan die heuning en goud waarmee die Bybel dit vergelyk. Dit behoort nie so te wees nie. Volgens DIE BYBEL IN PRAKTYK behoort God se gebooie die riglyne op ons pad te wees, en nie kettings aan ons hande en voete nie (p. 771).
Vir die Jode was hulle Tora of wet iets positiefs: ’n stuk vaste sekuriteit in ’n onseker wêreld. Die Jode het destyds heelwat minder sekuriteit gehad as ons vandag. Goeie raad was dus vir hulle belangrik, veral God se raad. Die Here leer sy volk deur die Tora, Hy gee hulle raad oor hoe om gelukkig te lewe.
“Die bevele van die Here dui die regte koers aan,” skryf die psalmdigter, “dit bring blydskap” (Ps. 19:8-9, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Gebod rym met genot, het ’n bekende teoloog gesê. Dit behoort vir jou, soos vir Israel van ouds, steeds ’n genot te wees om die gebod van God te gehoorsaam.
GEBED: Hemelse Vader, ek is jammer dat ek al so dikwels gedink het u wet is ’n klomp onnodige reëls. Maak dit vir my ’n vreugde om u wet na te kom. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit BLOEISELS VAN HOOP deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture
About this Plan

Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk en geloof groei. Hierdie 14-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor geluk en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit Nina se dagboek BLOEISELS VAN HOOP.
More
Related Plans

Say Yes to Conviction!

Out of the Wilderness

UNPACK This...Being Patient With Ourselves and Each Other

Liturgies for the Little Years

The Boom Squad: Young Hero Training

WALKING in TRUE VICTORY (Sound Foundations for a Glorious Christian Life)

Lasting Treasures From Loving God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

The Radiant Mom: 10 Days to a More Joyful, Christ-Centered Home

Seeds of Justice: Devotions From a Legacy of Faith and Justice