Ek Bid Vir My HuwelikSample

Bid vir volgehoue geduld en volharding
Here, ek bid dat ons altyd geduldig sal wees en wag terwyl U besig is om in ons lewe en ons huwelik te werk. Leer ons om nie moed op te gee met mekaar nie, maar om geduldig te wees sodat ons tot geestelike volwassenheid kan groei (Jakobus 1:4).
Help ons om alles af te stroop “wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry.” Laat ons “hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur” (Hebreërs 12:1-2). Help ons om ons oë altyd op U gerig te hou.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Scripture
About this Plan

Of jy jou huwelik wil beskerm teen dié dinge wat dit kan beskadig of vernietig en of jy jou verhouding wil heelmaak en herstel waar dit beskadig of seergemaak is, hierdie gebede is vir jou. As jy nie moed opgee nie, kan jou gelowige gebede jou huwelik versterk sodat dit ’n leeftyd sal hou. Hierdie 5 gebede deur Stormie Omartian kom uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK.
More
Related Plans

Let Us Pray

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

Homesick for Heaven

Greatest Journey!

God in 60 Seconds - Basic Bible Bites

Returning Home: A Journey of Grace Through the Parable of the Prodigal Son

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Faith in Hard Times

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ
