Die Grootste LiefdeSample

Jy is soveel meer as …
Die film Amadeus vertel die verhaal van Salieri, ’n musikant, wie se siel deur jaloesie versuur is. Hy het gedroom om musiek vir God te maak en daardeur ook beroemd te word. Die probleem was dat hy nie so goed soos Mozart was nie. Mozart, weet ons, was geniaal en kon letterlik ’n simfonie in sy kop komponeer. Iets wat min mense in die geskiedenis kon doen. In plaas daarvan dat Salieri Mozart se uitsonderlike talent erken, was hy woedend teenoor God wat so onregverdig is. Hy het letterlik beleef dat God Mozart liewer het as vir hom.
Hoe tragies is dit as Salieri – en dikwels ook ek en jy – God se liefde meet aan die mate waartoe ons met talente en gawes geseën is. En dat ons waarde gemeet behoort te word aan dit wat ons het en bereik.
Hoor weer vandag: Dit wat jy het, bereik, bymekaarmaak en doen, bepaal nie God se liefde vir jou nie. Hy het jou oneindig lief met en sonder alles in en om jou.
VANDAG HOOR EK U SÊ: “JY ÍS REGTIG MYNE.”
Scripture
About this Plan

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne is! Leef vandag in sy liefde. Hierdie 7 oordenkings oor God se groot liefde kom uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG.
More
Related Plans

From Overwhelmed to Anchored: A 5-Day Reset for Spirit-Led Women in Business

Leviticus | Reading Plan + Study Questions

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing

Filled, Flourishing and Forward

No More Mr. Nice Guy: Saying Goodbye to Doormat Christianity

Breaking Free From Shame

THE BRAIN THAT SEEKS GOD: Neuroscience and Faith in Search of the Infinite

____ for Christ - Salvation for All

Small Yes, Big Miracles: What the Story of the World's Most Downloaded Bible App Teaches Us
