YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Wandel Deur Die GeesSample

Wandel Deur Die Gees

DAY 3 OF 14

Ek gee vir jou die Lig Wanneer daar nie duisternis is nie, is daar lig – lig wat jou geloof laat sien … wat jou lei wanneer die duisternis jou probeer verwar en oorweldig. Ek gee vir jou lig wat jou sal bemoedig en jou sal help om dinge deur mý oë te sien en nie jou eie nie. Ek is die lig wat jou pad verhelder, Ek laat jou rus in groen weivelde en lei jou na waters waar rus is. Ek gee jou nuwe krag. Dit waardeur jy nou gaan, is maar ’n skaduwee. Ek is by jou … om jou te help … om jou te vertroos … om jou te red. Wanneer die hindernisse van die lewe dreig om jou te oorweldig, en jou geloof getoets word vir langer as wat jy dink jy kan uithou, is dit baie maklik om te dink dat alles verby is en dat daar geen hoop meer is nie. Tog het Ek vir jou die lig gegee om die waarheid te ken. Jy sal God se heerlikheid sien, as jy maar net sal vashou aan die beloftes. My lig sal jou kan help onderskei tussen die goeie en die slegte, die regte en die verkeerde, die goeie en die bose, die morele en die immorele, die heilige en die wêreldse. Ek is in jou, jy lewe nie in die duisternis nie, al moet jy soms daardeur gaan. Dit het geen mag oor jou nie … moenie die leuens glo dat dit mag het nie. WAARHEID UIT DIE WOORD Dit is dan die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle meedeel: God is lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie. 1 JOHANNES 1:5

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy