YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 Planne Om Stres Te KlopSample

5 Planne Om Stres Te Klop

DAY 1 OF 5

# Uitklophou teen stres Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. (Spreuke 3: 5-6) Die grootste behoefte in ons samelewing vandag is om stres te verlig. Daar is daagliks, oral waar jy kyk, baie dinge wat spanning kan veroorsaak. Jy kan jou werk verloor. Jy kan konflik in jou lewe hê. Jy kan ontstellende nuus oor jou gesondheid ontvang. Maar die goeie nuus is dat jy nooit jou stres alleen hoef te hanteer nie. Leef jy met stres? Hier is my top geheim oor hoe om stres te hanteer: Vertrou op die Here jou God. Dis die een oplossing wat die oorsaak van die stresreaksie beslissend hanteer. En jy weet dat dit sal werk, omdat jy weet wie God is; jy ken sy karakter. In die eerste plek: Hy het jou onbeskryflik lief. Hy het jou so lief dat Hy jou tot in alle ewigheid by Hom wil hê. God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16). In die tweede plek: Niks sal Hom onverhoeds betrap nie. Hy weet presies wat jy deurmaak. “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” (Luk. 12: 6-7). In die derde plek: Daar is niks buite sy beheer nie. As Hy die heelal geskep het, het Hy die mag om enigiets en alles in jou lewe te hanteer. ... en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het (Efesiërs 1: 19-20). As jy die drie feite bymekaartel, kry jy 'n God vol medelye; ‘n liefdevolle, kragtige God wat jou en jou behoeftes heeltemal verstaan. My vriend, dit maak nie saak waardeur jy gaan nie ... in jou verlede ... of jou toekoms ... jou God is getrou. Om jou vertroue in Hom te stel, is die beste manier – nee, die enigste manier – om werklik vry van die greep van spanning te leef. Vraag 1 Wat is die belangrikste ding wat tans vir jou spanning veroorsaak? Identifiseer dit, dink daaroor na. Herbesin en kyk objektief daarna. Vraag 2 Is jou vlak van stres in verhouding met die vlak van druk, of is jou stres onrealisties? Vraag 3 Is daar iets wat jy vandag kan doen – bid of mediteer oor ‘n Bybelversie – om die bron van jou spanning aan God te begin oorgee en meer op Hom te vertrou? Vraag 4 Gaan terug en lees die Skrifgedeeltes wat ons hier bespreek het. Gebruik hulle in gebed oor jou stresvolle situasie en vra die Heilige Gees om jou God se vrede te gee.
Day 2

About this Plan

5 Planne Om Stres Te Klop

Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy