In Die BeginSample

Lees: Genesis 1:1–5; Job 38:4–7
SOAP: Genesis 1:3–4
"Toe het God gesê: 'Laat daar lig wees!' En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei."
Oordenking
In die begin was die aarde donker. Dit het geen vorm gehad nie en het slegs water bevat. Maar God was daar. Hy het in die duisternis bestaan, nog voordat Hy die lig geskep het.
"Laat daar lig wees." God het lig beveel om te bestaan. Hy het die duisternis verander deur lig te skep. Hy het lig en donker van mekaar geskei en elkeen 'n naam gegee. Die Skrif sê nie dat die duisternis sleg was nie, maar wel dat God dit van die lig geskei het, wat volgens hom goed was.
Die skepping van lig het ook die bestaan van tyd ingelei soos ons dit vandag ken. Die Skrif sê nie pertinent dat God tyd geskep het nie, maar met die bekendstelling van lig het God dae geskep. Lig het die dag aangedui en duisternis die nag. Die verandering van lig is hoe ons tyd meet.
God het die aarde met groot doelgerigtheid, kreatiwiteit en bedoeling geskep. Nie een handeling van God in die skepping was 'n fout nie. God het die fondamente van die aarde, lig en duisternis, dag en nag, met doel en betekenis gelê.
In die boek Job vind ons nog besonderhede oor God se bedoeling en kreatiwiteit in die skepping. Job was 'n regverdige man wat verskriklike verliese gely het. Job het nie gesondig deur God te vloek te midde van sy verlies nie. Hy het God wel gevra vir 'n soort verduideliking vir sy lyding. God het geantwoord deur op baie maniere vir Job te vra: “Waar was jy toe ek ...?” Die vrae het Job aan God se opperheerskappy herinner.
Wanneer ons wêreld in mekaar tuimel, kan ons, net soos Job, tot God se troon nader. Ons kan ons vrae en pyn voor Hom uitstort. Hy antwoord ons miskien nie altyd soos ons hoop nie, maar ons kan rus in sy opperheerskappy. Hy het die fondamente van die aarde geskep, tesame met alles daarin. Hy het lig en tyd geskep, en niks is buite sy beheer nie. Mag ons sing van vreugde as sy volk.
Gebed
Here God, ek staan verbaas oor u krag in die skepping. U het lig geskep en dit van die duisternis geskei. Ek loof U vir u kreatiwiteit, doelgerigtheid en bedoeling in die skepping. Help my om U te vertrou wanneer ek oorweldig word deur duisternis. Amen.
Scripture
About this Plan

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Related Plans

Noah Unedited

EquipHer Vol. 25: "Flawed Is the New Flawless"

From Overwhelmed to Anchored: A 5-Day Reset for Spirit-Led Women in Business

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

The Parable of the Sower: 4-Day Video Bible Plan

Mission Trip Checkup: On Mission

Preparing for Outpouring

What God Is Like

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening
