Die Regte GodSample

God is getrou
Dit is al gesê dat hoop soos suurstof is vir die siel. Ons moet kan glo iemand sal ons help, dat omstandighede reg sal uitwerk, dat drome regtig waar kan word en dat God goeie dinge vir ons beplan.
Sonder hoop het ons niks wat ons in ons binneste lewend hou nie. Ons word moedeloos, gooi tou op en begin wegkwyn.
God se getrouheid is die fondament van ons hoop.
Soos die profeet Jeremia in die Ou Testament kan ons verby ons omstandighede kyk en glo in God se getrouheid. Jeremia het gesien hoe Jerusalem in puin lê en dat God skynbaar sy beloftes verbreek het, maar hy het bly vertrou in God se onfeilbare karakter.
Wanneer ons verstaan hoe getrou en betroubaar God is, kan ons baie verduur. Gesondheidskrisisse, finansiële uitdagings, gesinsdisfunksie, stres, eensaamheid, enige beproewing — God se getrouheid bied hoop. Sy liefdevolle medelye sal nooit, ooit eindig nie.
Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot (klaagliedere 3:22-23, NLV).
Eintlik is dit die geheim tot ’n lewe van nimmereindigende vreugde en vrede.
· Om te weet die almagtige, liefdevolle, alwyse God sal ons te hulp snel 100 persent van die tyd is bemagtigend en bevrydend.
· Dit bevry ons van vrees, motiveer ons om aan te hou en stel ons in staat om moontlikhede te kan sien.
· Maak nie saak hoe omstandighede sy getrouheid in twyfel trek nie, ons weet Hy sal ons nie teleurstel nie.
Glo jy dit? Christene is geroep om nie net ’n getroue God te vertrou nie, maar om Hom te verkondig aan ’n wêreld sonder hoop. Die God wat goed, soewerein, heilig, wys, regverdig, liefdevol en getrou is bied redding van elke sonde, herstelling van elke verlies en seën in die plek van wanhoop. Hy is die regte God van alle hoop, en Hy sal jou nooit in die steek laat nie.
About this Plan

Hoe sien jy God? Die antwoord op dié vraag vorm nie net jou geloof nie, maar jou persepsies van jouself, jou lewensbeskouings, jou doelwitte — jou hele lewe. Om ’n onakkurate siening van God te hê kan jou lewenslank laat worstel. Om indringend te kyk na die regte God — soos Hy begeer om gesien te word — is daarom ’n wyse skuif!
More
Related Plans

One New Humanity: Mission in Ephesians

Is God Enough?—Encouragement From David’s Psalms

Holy, Not Superhuman

Inspire 21-Day Devotional: Illuminating God's Word

What Does God Want Me to Do Next?

Losing to Win, Serving to Lead, Dying to Live

Forever Forward in Hope

HEAL BOLDLY: Healing Is Holy Work - a 5-Day Devotional Journey for Women Ready to Heal, Grow, and Rise

Strategy: The Strategic Faith of Caleb in Overcoming the Giants – a 5-Day Devotional by Allma Johnson
