Geloof Soos ’N MosterdsaadSample

Lig jou oë op na Hom
Dit is vroegoggend en ek sit en kyk uit oor die Drakensberge. Ek ervaar dat Jesus vir my sê: “Glo in My, want Ek is standvastig en so onwankelbaar soos hierdie berge voor jou. Ek is onbeweeglik en tog leef Ek.”
Berge boei my omdat hulle nie kan beweeg nie en tog verander hulle voorkoms gedurig. Vroeg vanoggend het die berge in die skadu’s gelê. Noudat die helder son opgekom het, is die skadu’s weg en kan ek die pragtige groen somergras sien wat die berg soos ’n gladde mat bedek. Daar is min skadu’s oor.
Ons hemelse Vader is baie soos ’n berg. Hy is standvastig. Hy is getrou. Hy is indrukwekkend en groot. Tog is Hy so ongelooflik opwindend omdat Hy gedurig by ons omstandighede aanpas. Hy bly nooit agter nie. Hy is altyd op hoogte van alles. Hy is betrokke by die omstandighede en die situasies wat ek en jy op hierdie oomblik beleef. Hy het belowe dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek sal laat nie (Heb. 13:5).
Ons kan vanoggend tot hierdie God uitroep: “Meester, gee vir my meer geloof sodat ek U kan geniet, sodat ek U kan vertrou en sodat ek net in U sal glo. My hulp kom van Jesus Christus alleen. Nie van die berge of van mense nie, maar van God en God alleen. Amen! Halleluja!”
Scripture
About this Plan

Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle voorberei het. Bekende evangelis Angus Buchan neem jou op reis deur God se Woord in hierdie leesplan van sewe dae.
More
Related Plans

Unshakable Love: 5 Days to Feeling Known, Carried & Cherished by God

The Way of the Wise

How Stuff Works: Prayer

Freedom for Angry Moms: 5 Days of Biblical Encouragement

The Inner Life by Andrew Murray

Running to the Fire

It's Never Wrong to Do the Right Thing

God’s Strengthening Word: Learning From Biblical Teachings

Measure the Unimaginable
