YouVersion Logo
Search Icon

Wat Is Die Bybel? (Die Groot Verhaal Plan No. 1)Sample

Wat Is Die Bybel? (Die Groot Verhaal Plan No. 1)

DAY 1 OF 3

Dag 1   

Oordenking

Wat is die Bybel nou eintlik? En hoekom is dit belangrik? Daar is baie opinies. Sommige mense dink dit is bloot ‘n boek wat deur baie mense geskryf is. Ander praat daarvan as “Die Woord van God”. Hier is ‘n paar interessante feite oor die Bybel: 

- Dit is deur sowat 40 mense, oor ongeveer 1500 jaar, op drie kontinente geskryf.

- Dit is al in meer as 2500 tale vertaal.

- Dit was nog altyd en is steeds, die topverkoper van alle boeke in die wêreld.

Met reg kan ons vra, hoekom? Hoekom is die boek so populêr oor tyd en kulturele grense heen? Hoekom vind miljoene mense regoor die wêreld dit steeds toepaslik vir hul lewe? Daar is baie goeie redes, maar die kort antwoord is: omdat God self die outeur is! Dit was Hy wat die mense wat dit geskryf het deur sy Gees geïnspireer het.

Lees: 2 Timoteus 3:14-17. 

Kom ons gesels daaroor: Wat beteken die Bybel vir jou?