Doelgerigte GebedSample

Hoekom moet ons die Woord bid?
Wanneer ons die gesag van die Woord en die plek van die Woord in ons lewens verstaan, volg daaruit dat ons die Woord moet bid. Hier is ’n aantal redes waarom ons die Woord moet bid:
God maak sy wil in die Woord bekend. Wanneer ons die Woord bid, bid ons dus die wil van God. En as ons volgens die wil van God bid, sal God ons gebede verhoor, sê die Woord (1 Joh. 5:14-15).
Sekulêre boeke verskaf kennis en kan insig gee, maar dit is slegs as ’n mens die Woord lees dat jy tot geloof kom. As ’n mens dus die Woord bid, word geloof in jou hart gesaai (Rom. 10:17).
Die Woord (Skrif) openbaar wat God se prioriteite is. As ons volgens die Woord bid, leer ons wat hierdie prioriteite is en dan is ons in staat om ons persoonlike lewens volgens hierdie prioriteite in te rig.
Die Woord het gesag. Toe die Vader die heelal geskep het, het Hy dit deur sy Seun, die Woord, gedoen. Die Woord het ’n woord gespreek en daar was lig, lewe en mense. Wanneer ons vandag die Woord verkondig, word dit ’n deklarasie in die geestelike ryk — die Woord het steeds dieselfde mag. Dit het die mag om lewe te gee en om te herskep omdat ons ons op die lewende Woord beroep wat sy woord gestand doen.
Die Woord leer ons van God: sy karakter, wese, krag, vermoëns en eienskappe. As ons God beter verstaan, is ons in staat om met meer geloof te bid. Geloof is so sterk soos die persoon in wie jy glo.
Scripture
About this Plan

Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 dae. Jy sal die basiese konsep van hoe om die Skrif te bid verstaan en die voorbeeld-gebede uit DOELGERIGTE GEBED sal jou leer bid deur self te bid!
More
Related Plans

The Way of St James (Camino De Santiago)

Journey Through Proverbs, Ecclesiastes & Job

The Making of a Biblical Leader: 10 Principles for Leading Others Well

How Stuff Works: Prayer

Here Am I: Send Me!

Live Like Devotional Series for Young People: Daniel

Journey Through Jeremiah & Lamentations

Journey With Jesus: 3 Days of Spiritual Travel

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer
