Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Wat moet ek laat gaan?
Om die stem te hoor wat roep, en ja te sê daarvoor, beteken dat ek nee sê vir baie ander goeie en wonderlike geleenthede in die lewe. Geluk word nie gevind op die pad van soveel as moontlike ervarings nie, maar eerder op die pad van gefokusde ervarings.
Dag Hammarskjöld, die voormalige sekretaris generaal van die VN, skryf oor hoe hy ja gesê het. Van daardie oomblik af was sy lewe gevul met betekenis en was hy oortuig dat hy op aarde is met ‘n doel. Hy sê: “totdat jy al die oppervlakkige en verbygaande moontlikhede van om te wees en doen uitgeskakel het … speel jy net uit nuuskierigheid of wonder of gierigheid, en wat jou verhinder om anker te gooi in die ondervinding van die misterie van jou lewe, en die van die talent wat aan jou toevertrou is, wat jou ware self is”.
Alhoewel ons altyd bly soek en eksperimenteer om by ons ware self te kom, moet ons êrens anker laat sak om ‘n plek te kry van waar ons begin leef en dien.
Ter Nadenke
Jy word uitgenooi om dit wat jy moet laat gaan — die maniere van wees en doen wat jou verhinder of oneffektief maak om te dien — te laat gaan.
Gebed
Here, gee my die genade om te ontwaak tot my lewenstaak
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

The Key of Gratitude: Accessing God's Presence

Blessed Are the Spiraling: 7-Days to Finding True Significance When Life Sends You Spiraling

7 Ways to Grow Your Marriage: Wife Edition

NT One Year Video - Q1

A Word From the Word - Knowing God, Part 2

10-Day Marriage Series

Decide to Be Bold: A 10-Day Brave Coaches Journey

A Spirit-Filled Life

Standing Strong in the Anointing: Lessons From the Life of Samson
