Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

God het ons elkeen met ‘n groot kapasiteit vir ‘n diep soeke geskape...
En elkeen van ons interpreteer daardie soeke of begeerte op verskillende maniere.
Vir sommige van ons is die soeke van ons hart na die ideale lewensmaat. Vir ander is dit die perfekte huis en kar. Vir ander ‘n posisie in jou beroep. Maar ons kom op ‘n plek waar ons voel: dis nie genoeg nie. Ek hét die huis. Ek hét die werk. Ek hét die vrou en kinders. Dis nie genoeg nie. Iets kort. Dis leeg.
Agter elke soeke is ‘n groter soeke waarmee ek in kontak moet kom. Paulus sê in Efesiërs 5:5: “ ... Dit moet julle goed besef, iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ń gierigaard is, — want gierigheid is afgodery — het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.”
Hy sê daar is ‘n plek in my lewe, ‘n soeke in my lewe, wat gereserveer is vir God en sy Koninkryk. God is my bron. Niks en niemand behalwe God kan daardie begeerte vrymaak nie. Dis waar my geluk lê. Dis waar my sekuriteit lê. Dis waar my lewe lê. Dit beteken nie dat God nie my behoeftes ontmoet deur ander nie, en dat God nie my behoeftes ontmoet deur iets nie. Maar Hy is die bron. Hy is die oorsprong, en dit verander alles in die vervulling van my behoeftes: as ek weet dat dit van God af kom. Hy het my gemaak met hierdie behoeftes en met hierdie begeertes wat binne my is. Nou kyk ek na Hom vir die vervulling daarvan.
Ter nadenke
Watter begeertes waarmee jy leef, voed jou verhouding met God?
Gebed
Here, gee my die genade om die verlange van my hart te verwoord.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

Philippians - Life in Jesus

When the Heart Cries Out for God: A Look Into Psalms

Worship as a Lifestyle

Focus to Flourish: 7 Days to Align Your Life and Art With God’s Best

Begin Your Day God’s Way

Romans 8: Life in Christ by the Spirit
Love God Greatly - Secure in Christ: One Faith, One Family, One Savior

Rules of Resilience: How to Thrive in a World of Change and Uncertainty

5 Cornerstones of Godly Leadership
