Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

“Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” (Matt. 6:17–18)
Deur die eeue het almal wat ter wille van Christus ’n impak op hulle generasie gemaak het, gevas. Dit behels gewoonlik om vir ‘n vasgestelde tyd sonder kos te bly. Jesus het sekerlik aangeneem dat sy volgelinge dit sou doen as deel van hulle verhouding met God. Hy het gesê: “Wanneer julle vas...” nie “As julle vas...” nie.
Om te vas is eintlik om fees te vier. Dit is ‘n geleentheid om te verdiep in die oorweldigende goedheid en liefde van God vir ons. Deur die vastyd voed ons onsself met die woorde van God in die Skrif. Ons leer dat ons nie net van brood lewe nie, maar van elke woord van God. Wanneer Jesus ons beveel om nie swaarmoedig te lyk terwyl ons vas nie, nooi hy ons nie uit om ander te mislei nie. Hy het uit sy eie ondervinding geleer dat vas ons bring na daardie onsigbare geskenke wat net van God af kom.
Ter Nadenke
Waarvan vas jy tydens die Lydenstyd?
Gebed
Here, gee my die genade om u lewe te kies.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

Wisdom in the Word

Family by Choice: God’s Heart for Family Beyond Biology

Renew: To Transform, Be Transformed by God’s Mercy

Can I Trust the Bible?

Encounter: People Jesus Met, Then and Now

Why Trust the Bible?

We Are Family

More Than Money

A Teen's Guide To: Victory in Christ
