YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Into the WildSample

Into the Wild

DAY 2 OF 6

Leierskap - Jy is nie so belangrik nie! Aan die begin van hierdie leesplan het jy hopelik ‘n besluit geneem om ‘n pad oop te kap wat die vorige dag nog nie bestaan het nie. Op hierdie pad in die wildernis gaan jy moet besluit wie jy gaan wees. Kontrolepunt 2: Beïnvloed ander soos Jesus ons leer! Jong mense in die wildernis mag soms alleen voel. Dit is maar ‘n groot realiteit vir enige leier om alleen te voel in die onbekende. Watter soort leier wil jy wees? Een wat na eie eer strewe of een wat eer aan die Here gee? Die een pad gaan op, en die ander gaan af. Die pad wat af loop gaan tot daar waar ek minder en minder word sodat Jesus al hoe meer en meer kan word. Mag die wildernis jou leer om aan jouself te sterf sodat jy ware lewe deur Jesus kan ontdek. Hoekom is dit so moeilik om aan onsself te sterf? Het jy al ooit iets gedoen om raakgesien te word? Of om geëer te word? Jesus word aan ons voorgestel as iemand wat ’n gesindheid openbaar het om minder word. Hy was volledig God, maar Hy het gekies om mense te kom dien. Hy het Homself aan mense diensbaar gestel. Dit is die manier waarop die beste Leier in die geskiedenis vir ons leer hoe om te lei — deur nie jouself belangriker as enigiemand om jou te ag nie. Dat jy nie deur status gedryf sal word nie. As Jesus oor leierskap praat, dan leer Hy vir Johannes en Jakobus hoe hulle moet leiding neem: “Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees” (Matteus 20:26-27). In die wildernis van die lewe, moet jy kies om Jesus se raad te volg. Al is dit hoe moeilik. Jy moet kies om ander bo jouself te stel. Al is jy in ’n posisie van status, gebruik dit om ander mense op te hef. Maak hulle lewe beter en voorsien in hulle behoeftes. Ons moet altyd waak teen ons “eie ek” wat die lewe net oor onsself wil laat gaan. Ons eerste reaksie in baie situasies is om onsself eerste te stel. Maar ons moet selfsug vermy. Mag die erfenis wat jy nalaat, een wees waar jy ander bo jouself gestel het. Mag mense van jou sê dat ander se belange, jou belange was.
Day 1Day 3

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy