YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Wie jy isSample

Wie jy is

DAY 3 OF 4

Dag 3 Jy sit op die rots en staar na die skuimende branders. Die ligte seebriesie speel sagkens met jou hare. Die seesproei klits verfrissend teen jou wange en die son streel jou vel met sy soene. Dis hier waar jy naby aan God voel. Die bewegende branders spoel jou siel skoon. Die seebries is Sy asem wat jou longe vul met nuwe lug. Die son is Sy liefkosings. Jy is Syne. Jy is geliefd Ons het die vorige twee dae deur die leuens gewerk wat deur ander en jouself op jou geplak is. Jy is nou vry! Elke onwaarheid oor wie jy is, is nou onder die voete van Jesus. Nou is dit tyd om die wonderlike waarhede oor jou identiteit te herontdek. Wie is jy? Wat sê God oor jou? Die belangrikste is om tot die besef te kom dat God jou verskriklik lief het, so lief, dat Hy tot die uiterste gegaan het om vir jou lewe te betaal — met Sy seun — sodat jy in oorvloed kan leef. Die Skrif vertel ons dat God ons eerste liefgehad het en daarom kan ons ook liefhê. Sukkel jy om lief te hê of om liefde te wys en ook om jouself lief te hê? Die sleutel lê vir jou daarin om Sy liefde te ontvang, want Hy het jou eerste liefgehad. As jy God se liefde in jou lewe toelaat, sal dit jou verander sodat jy ook vrylik kan uitdeel, ook vir jouself. God het Sy asem in Adam geplaas toe Hy hom geskape het. Net so is daardie selfde asem ook in jou. Hy het jou so lief, dat Hy jou na Sy beeld geskape het. Hy sing oor jou en is vol vreugde oor jou bestaan! Kom ons raak prakties: \- Waar voel jy die naaste aan God? Ons almal se liefdestale verskil. Party mense voel nader aan God in die natuur, terwyl ander vir Hom skryf of aanbiddingsliedere sing. Gaan dink weer oor die plek waar jy God se nabyheid tasbaar ervaar en maak ‘n punt daarvan om meer tyd daar te spandeer. \- Soek die klein goedjies in jou dag wat jou aan God se liefde vir jou herinner. Jy sal verbaas wees op hoeveel plekke en in hoeveel mense jy dit sal vind. Gebed: Here, U liefde vir my is te groot om te begryp. Ek bid dat U my gees ontvanklik sal maak om U liefde te omarm en om regtig te besef hoe lief U my het. Kom vul my met U volmaakte liefde, sodat ek dit ook aan ander kan uitdeel en myself ook kan liefhê, omdat U my eerste liefgehad het. Dankie pappa God. In die naam van Jesus. Amen.
Day 2Day 4

About this Plan

Wie jy is

Dit is so maklik om onsself te verloor. Ons sien perfekte modelle in tydskrifte, het ‘n konstante stryd met die skaal en moet saamleef met die verwagtings wat almal (en onsself) aan ons stel. Dit word dan soms die dinge ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy