YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Vry om vrygewig te weesSample

Vry om vrygewig te wees

DAY 5 OF 5

Ek wil graag afsluit met drie waarnemings oor die Kersverhaal, soos dit met vrygewigheid verband hou: 1\. Vrygewigheid is nie soseer ‘n eerbare daad nie, dis ‘n eerbare reaksie As ons onsself op die skouer klop elke keer wanneer ons vrygewig te werk gaan met ons tyd, geld, reputasie, of enigiets anders, gaan ons onsself verheerlik. Dit is eintlik net ‘n reaksie van dankbaarheid teenoor God, wat eerste vrygewig met ons was. 2\. God meet vrygewigheid aan die grootte van die opoffering Die wyse manne en die skaapwagters het iets gegee in hul aanbidding van Jesus, maar nie so baie soos wat Maria en Josef gegee het nie. Om geld en tyd te gee is soms niks in vergelyking met die ware opofferings wat sommige mense maak nie. 3\. Verhoogde vlakke van vrygewigheid bring verhoogde vlakke van beloning en seën Die wyse manne en die skaapwagters kon die Messias sien en ander van Hom vertel, maar Maria en Josef het gesien hoe Jesus sy eerste tree gee en hulle kon diep gesprekke met Hom hê terwyl Hy grootgeword het. En Jesus se selfs groter offer het gelei tot ‘n selfs groter seën vir Hom, waarin ons kan deel. Hy het ‘n prys betaal, ‘n baie hoë prys, maar Hy het dit gedoen “ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was”. (Hebreërs 12:2) Uit liefde wou Hy Homself offer om sodoende ‘n verhouding met ons te kan hê. En nou sit Hy aan sy Vader se regterhand, waar Hy en die Vader wag vir die vervulling van hul liefde en vreugde aan die einde van die geskiedenis. Verhoogde vlakke van opoffering bring verhoogde vlakke van beloning. As jy buite ons wêreld kan staan en binnetoe kyk, sal dit ‘n lelike prentjie wees. Die wêreld draai om beginsels van ontvang en hou en beheer, terwyl almal met mekaar kompeteer vir hulle stukkie. Maar as jy na die Seun wat Mens geword het kyk, deur die bril van vrygewigheid, sal jy sien dat die koninkryk van God op ander beginsels as dié van die wêreld geskoei is. Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” (Lukas 6:38) Ons word klein spieëltjies van die Koning se vrygewigheid. Dit is hoe dit in die koninkryk werk. Dit is hoe ware vrygewigheid lyk. En dit kan nie net jou lewe nie, maar ook jou wêreld, radikaal verander.
Day 4

About this Plan

Vry om vrygewig te wees

As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. O...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy