OpgestaanSample

Lees: Johannes 21:1-14; Johannes 14:19
SOAP: Johannes 14:19
Tydens die heel laaste nag saam met sy dissipels, het Jesus die Paasmaal met sy naaste vriende gedeel. Jesus het sy dissipels bemoedig en hulle voorberei op dít wat sou kom. Wanneer ons vandag terugkyk na Sy woorde, kan ons sien hoe Jesus die opstanding aan sy dissipels verduidelik het die nag voordat hy sou sterf.
Jesus het sy dissipels belowe dat die Heilige Gees by hulle sou wees. Selfs al sou Hy self nie meer langer op aarde wees nie, sou Hy sy Heilige Gees stuur om hulle te vertroos en by hulle te wees. Jesus het belowe om nie Sy dissipels net so agter te laat nie; deur Sy Heilige Gees te stuur, was en is Hy altyd by hulle (en ons!)
Na sy opstanding, sou die wêreld nie meer vir Jesus sien nie, maar Sy dissipels sou wel. Deur die inwoning van die Heilige Gees in alle gelowiges, is hoe ons vir Jesus sien. Jesus het sy dissipels daardie nag agtergelaat met hoop in hulle harte, al het hulle nie ten volle verstaan nie. Toe Jesus opvaar na die Hemel, het Hy hulle weer vol hoop agtergelaat: hoop dat Hy eendag weer sou terugkeer en dat ons almal in ewigheid by Hom sal woon.
Here Jesus, baie dankie dat U die Heilige Gees gestuur het om ons voorspraak te wees. Dankie dat U ons nie as weeskinders agtergelaat het nie, maar dat U na ons gekom het en vir ons u Heilige Gees gegee het. Amen.
Scripture
About this Plan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.
More
Related Plans

The Far Bank

Healthy Living and the Bible - God in 60 Seconds

Animated Adventures - Film + Faith

You're Not Alone

Stories of Generosity: How Followers of Jesus Changed the World

Don’t Know What You’re Doing After Graduation? Good.

Be Your Best to Give Your Best!

Lighting Up Our City Video 6: Dealing With Hard Questions and Doubts

Robots, God and the Future - Film + Faith
