YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Evangelie van Markus met Francis ChanSample

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

DAY 4 OF 5

Toe Jesus uit die Jordaanrivier gekom het na sy doop, het die Vader se stem verklaar: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My” (Markus 1:11) In vandag se Skrifgedeelte tref ons Jesus aan saam met drie van sy naaste dissipels op ’n berg, waar sy voorkoms voor hul oë verander het. Moses en Elia verskyn en God spreek weer vanuit die hemel. Dit klink dieselfde – God wat Jesus as sy Seun bevestig. Maar hierdie keer verander God se woorde effens. Hierdie keer sê God: “Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.” Hy praat direk met die dissipels. Deur Petrus, Jakobus en Johannes se oë sien ons hoe Jesus hulle teen die berg op neem, hoe sy voorkoms voor hulle oë verander, hoe Petrus soek na die regte reaksie, God se woorde wat aan hulle gerig word en hoe hulle skielik besef hul besoekers is weg. Drie buitengewone waarhede is op daardie berg onthul: 1. Eerstens maak die transformasie ons bewus van Jesus se heiligheid. In die Ou Testament gaan God se verheerliking altyd met lig gepaard. Dink aan hoe Hy Israel uit Egipte lei – bedags in die wolk en snags in die vuurkolom. Dit staan as die Shekhinah-verheerliking bekend. Dit is in hierdie vorm wat Hy met sy mense wandel. Wanneer dit lyk asof Jesus met lig omring is, vertoon Hy sy identiteit as Seun van God op ’n majestueuse, dramatiese wyse. Dit is ook ’n voorskou van sy verheerlikte liggaam na sy opstanding en hoe Hy sal lyk wanneer Hy terugkom om die wêreld te oordeel. 2. Tweedens het die verskyning van Elia en Moses, Jesus se identiteit bevestig: Hulle verteenwoordig die wet (Moses) en die profete (Elia) – wat die Woord saamvat. Net ’n week vantevore (sien Markus 8:27–30) het Petrus erken dat Jesus nie Elia is nie, maar inderdaad die beloofde Messias. En kort nadat hulle van die berg af gekom het, bevestig hy dat die profesie oor Elia se koms alreeds vervul is. In al hierdie dinge demonstreer Jesus dat Hy verhef is bo die Jode se primêre godsdienstige leiers. Die Seun het uiteindelik gekom. 3. Derdens bevestig God die Vader Jesus se identiteit en sy bediening (“Dit is my geliefde Seun”) en, selfs in die teenwoordigheid van Moses en Elia, het Hy direk aan Jesus se volgelinge die opdrag gegee om vir sy Seun te luister. Hierdeur het die dissipels verstaan (of sou hulle uiteindelik verstaan) dat Jesus nou geestelike gesag het oor die wet en die profete. “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.” (Matteus 5:17) Hy leer ons om selfs ons vyande lief te hê. Wat beteken die verheerliking vandag vir ons? Eerstens word ons verseker dat Jesus werklik die Seun van God is. Jare daarna het Petrus die verheerliking gebruik as basis vir sy gesag om in Jesus se naam te spreek: > Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.” Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was. (2 Petrus 1:16–18) Tweedens is dit die moeite werd om na Jesus te luister. Die woord “luister” sluit die idee in dat ons aktief hoor met die bedoeling om te gehoorsaam – om sy woorde te oordink en daarvolgens op te tree. Wanneer Hy praat, moet ons tot aksie oorgaan. Dit is wysheid: wanneer ons optrede in ooreenstemming is met die woorde van God en sy verkose verteenwoordigers. Glo jy dat Jesus die Seun van God is, die Geliefde, in wie die Vader Hom verheug? Indien wel, is jy gereed om Hom te gehoorsaam? Wat beteken hierdie gehoorsaamheid vir jou?

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. I...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy