YouVersion Logo
Search Icon

Nader tot GodSample

Nader tot God

DAY 42 OF 43

Lees: Psalm 19:15, Filippense 1:3-11

SOAP: Filippense 1:6

Sommige van ons is nie baie goed met die afhandeling van wat ons begin het nie. Daarom is dit een van die mees troosryke verse in die hele Bybel vir gelowiges. Ons verlossing hang nie van ons af nie. Dit hang nie af van ons vermoë om vol te hou, stewig te staan of te volhard tot aan die einde van ons lewens nie. Die Here sal sorg dat ons geheilig word, ten spyte van ons mislukkings en tekortkominge. Verlossing is God se werk, nie ons s'n nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ons het 'n rol om te speel deur te kies om in sy weë te wandel. Ons sal rekenskap moet gee van hoe ons leef. Ons heiligmaking vandag en ons ewigheid môre is sy deel. Hy is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Hy voltooi die wedstryd. Amen!
Here, dankie vir u belofte om aan te hou werk in my tot die terugkeer van Christus Jesus. Ek loof U dat ek volkome op U kan vertrou om die werk wat U in my begin het, te voltooi. Amen.
Day 41Day 43

About this Plan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More