YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit Sample

Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit

DAY 4 OF 5

Liefde met Kersfees Op Oukersaand sal die Kersverhaal in baie Christenhuise rondom ’n Kersboom voorgelees word. Só lief het God ons gehad, sal ons vir ons kinders vertel, dat Hy sy enigste Seun prysgegee het om in ons plek aan ’n kruis die straf vir ons sonde te dra, sodat elkeen wat in Hom glo eendag vir altyd sal lewe. Jesus is steeds vir ons die verpersoonliking van lig, vrede en liefde. Elke Christen moet aangespoor word om in hierdie wêreld soos Jesus lig te bring waar dit donker is, vrede te maak waar onrus heers, en liefde uit te stort waar mense mekaar haat. Dit lyk na ’n onmoontlike taak, maar Kerstyd is ook die tyd waarin God se kinders God se heerlikheid met spesiale ywer behoort uit te leef. Desember, die Kersmaand, staan altyd in die teken van die liefde. God het ons so lief dat Hy sy Seun stuur om ons te red. Jesus het ons so lief dat Hy sy ereplek in die hemel verlaat om hier as ’n gewone mensebaba in ’n vuil stal gebore te word en later die prys vir óns sondes aan ’n kruis te betaal . . . Maar God het ook vir ons ’n verdere liefdesboodskap met Kersfees: Hy beveel ons om mekáár lief te hê. Mag jy hierdie Kerstyd werklik ervaar hoe dit voel om vir álle mense – veral hulle wat dit die heel minste verdien – jou liefde as geskenk aan te bied. Lewe in liefde – en gee daardie liefde deur aan alle mense wat hierdie Kerstyd jou pad kruis. Gebed Here Jesus, help my om hierdie Kersfees my liefde opnuut aan u voete te kom lê en ander mense met die liefde wat ek by U leer ken het, lief te hê.

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit

Die gedagtes in hierdie Advent-leesplan sal lesers help om hierdie Kersfees nader aan God te kom. As jy dink aan die wonderbaarlike geboorte van Christus en die voorreg om Hom te ken, sal jou lewe, liefde, hoop en vreugd...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy