MigaSample

Lees: Miga 4:1-5; Openbaring 21:1-8
SOAP: Miga 4:5
Nadat hy aan die mense van Jerusalem vertel het dat die stad ‘n puinhoop sou word, bring hy hoop en vertel hulle van die dag wanneer Jerusalem en die tempel herbou sal word.
Hierdie is ‘n Messiaanse profesie wat ons vertel van die periode genaamd “die eindtyd” wanneer Jesus terugkeer as koning om sy koninkryk op aarde te vestig. Daar was beloftes aan God se uitverkore mense en Miga wou seker maak dat hy hulle harte bemoedig.
Openbaring gee vir ons ‘n vooruitskouing op die “nuwe Jerusalem”, die ewige stad sonder pyn, trane, hartseer of dood. Hierdie is die hemelse plek waar ons as verlostes, die ewigheid sal deurbring. Wat ‘n wonderlike hoop het ons nie! Selfs wanneer elke aardse ding vernietig is, selfs al verloor ons alles wat ons het, is Jesus besig om vir ons ‘n plek voor te berei (Johannes 14:2).
Dierbare Vader, baie dankie vir die hoop wat ons in U het. Help ons onthou dat Jesus besig is om ‘n pragtige woning vir ons in die hemel voor te berei sodat ons harte nie besorg sal wees met daaglikse smarte nie. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Related Plans

The Good Enough Mom

National Week of Prayer Plan (Nwop), 2025

01 - LORD'S PRAYER: Meditations by W. Phillip Keller

Through the Word: Knowing God, Making Him Known

Technology & God - God in 60 Seconds

Parenting on Point

Faith Under Pressure: Stories From the Persecuted Church

Evangelize Everywhere: Work Edition

The Missing Half: Why Your Prayers Feel One-Sided and What to Do About It
