Getroue LiefdeSample

Lees: Hosea 13:15-14:1, Jeremia 4:11-12, Jeremia 51:36
SOAP: Jeremia 51:36
BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem hier nie ooreen nie. Lees Hosea 13:15-14:1 in die Afrikaanse Bybel.
Die Here sê vir Juda:
“Ek sal julle saak behartig
en namens julle wraak neem.
Ek sal Babel se see laat opdroog,
die fonteine sonder water laat.” - Jeremia 51:36
Die inval van die Assiriërs was soos ‘n warm, droë wind vanuit die woestyn wat die mense versmoor het en al die waterlope verdroog het. Al die Israeliete se skatte was geplunder, en hulle grootste skat, hul kinders, genadeloos verslind. Hoekom? Want die nasie wou nie terugkeer na God toe nie.
Ek dink daaraan dat God Homself afgevra het: “wat meer moet Ek nog doen? Wat meer moet nog gebeur voordat hierdie hardnekkige kinders na My toe gaan terugdraai? Is hierdie nie reeds genoeg nie?”
Ons blameer God so maklik vir al ons probleme en al die swaar waarmee ons worstel. Maar ons besef nie dat ons net onsself kan blameer nie. Wanneer ons God sien as onregverdig of dink dat Hy nie vir ons omgee nie, moet ons ons lewens onder naskouing bring en besluit of ons leef deur God voor oë te hou, of dink ons net aan onsself en ons eie welstand.
Hemelse Vader, ek is jammer dat ek U blameer wanneer dinge in my lewe nie gaan soos ek wil hê dit moet nie. Help my asseblief om verantwoordelikheid te neem vir my dade en om na U te draai vir rigting en leiding. Amen.
About this Plan

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.
More
Related Plans

Philippians - Life in Jesus

When the Heart Cries Out for God: A Look Into Psalms

Focus to Flourish: 7 Days to Align Your Life and Art With God’s Best

Romans 8: Life in Christ by the Spirit

Begin Your Day God’s Way

Worship as a Lifestyle

Refresh My Soul: Discovering God’s Promises for a Purposeful Life

Rules of Resilience: How to Thrive in a World of Change and Uncertainty
Love God Greatly - Secure in Christ: One Faith, One Family, One Savior
