YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die krag van die Heilige GeesSample

Die krag van die Heilige Gees

DAY 1 OF 7

DIE GAWE VAN DIE HEILIGE GEES Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Handelinge 2:38 Robert Murray McCheyne was 'n Skotse prediker wat die gawe van die Heilige Gees ontvang het. Sy grootste begeerte was om ‘n herlewing in Skotland te sien. God het vir hom die begeerte van sy hart gegee. Hy het die evangelie in Palestina verkondig toe die herlewing in Dundee, Skotland, uitgebreek het. Robert McCheyne het baie jonk gesterf, toe hy nege en twintig was, maar hy sal nog lank onthou word. Elke keer wanneer mense vir hom gevra het: “Is dit nie ongelooflik hoe God jou gebruik nie?” het hy geantwoord: “Ek was nie ‘n instrument van God nie; ek was eerder ‘n waarderende toeskouer.” Dit is presies wat ek vandag wil doen. Ek wil ‘n waarderende toeskouer wees. Ek wil eenkant toe staan en kyk wat die Gees deur God se kinders vermag. Ek wil sien wat die Heilige Gees in God se wêreld doen. Dit is verbysterend! Ons kan nie eens begin dink wat God alles voorberei vir dié wat hom liefhet nie. Jy het die gawe van die Heilige Gees ontvang toe jy jou bekeer en ‘n kind van God geword het. Vra sy Gees om vandag en elke dag deur jou te werk sodat jy ‘n kanaal van God se liefde, genade en barmhartigheid na ander mense kan wees. Jy sal ‘n waarderende en sprakelose toeskouer wees. Here, vul my vandag met die krag van u Heilige Gees. Heilige Gees, ek verwelkom U in my lewe. Inspireer my om Jesus Christus met my hele hart te dien. Amen.

Scripture

Day 2

About this Plan

Die krag van die Heilige Gees

Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beski...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy